Search

Onderwys departement reik riglyne uit vir matriek eksamens

VAALDRIEHOEK - Die departement van basiese onderwys het Covid-19-riglyne uitgereik met die eerste vraestelle van die matriekeindeksamen wat op 5 November geskryf word. Luidens dié riglyne sal matriekleerlinge minstens ‘n uur en ‘n half voor die vraestel by die lokaal moet opdaag sodat hulle die siftingsproses kan deurgaan. Elke leerling se temperatuur sal geneem word. Indien ’n leerling binne ’n halfuur drie keer ’n koors van hoër as 38 grade Celsius het, moet sy ouers hom kom haal. Die departement van onderwys sê die leerlinge sal dan getoets moet word vir die koronavirus en sal binne die 10 dae kwarantyn-tydperk geen eksamen mag skryf nie. Hulle sal dan waarskynlik, volgende jaar weer die eksamen moet aflê.

FOTO: (Verskaf)



4 views