Search

Onderwyser by Hoërskool Drie Riviere toets positief vir COVID-19

VEREENIGING - Hoërskool Drie Riviere in Vereeniging het vandag aangekondig dat ‘n onderwyser by die skool positief getoets het vir COVID-19. Volgens ‘n verklaring onderteken deur die skoolhoof, Adele van der Merwe, was die onderwyser nog tot en met Dinsdag by die skool. Volgens Van der Merwe sal die skoolgebou weer diep skoongemaak word in lyn met regulasies en standaarde van die Departement van Gesondheid en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika. Die skool sal na verwagting op Maandag 27 Julie 2020 heropen. Van der Merwe het die gemeenskap verseker dat die skool streng maatreëls volg in terme van higiëne om die verspreiding van COVID-19 te voorkom en om almal se veiligheid te verseker.

FOTO: (Hoërskool Drie Riviere)




8 views