Search

Ontvoering in Suid-Afrika word ‘n ernstige bedreiging

VAALDRIEHOEK - ‘n Misdaadverslag dui aan ontvoerings in Suid-Afrika het vanjaar met 60% gestyg. Die situasie word vererger deur bewerings dat die polisie en private veiligheidsmaatskappye betrokke is. Die demografie sluit ryk en arm in en ten minste R50-miljoen is in lospryse geëis. Na wat berig word, werk ‘n internasionale netwerk saam met korrupte polisiebeamptes. Die SAPD het ‘n eenheid op die been gebring wat uitsluitlik op die onlangse vlaag ontvoerings konsentreer. Volgens News24, is ‘n volledige verslag aan die nasionale kommissaris van polisie, Khehla Sitole, oorhandig.

FOTO: (Verskaf)



11 views0 comments