Search

Openbare verhore word gehou rakende die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering

SASOLBURG - Die parlementêre portefeuljekomitee vir Gesondheid sal van môre af in die Vrystaat openbare verhore hou oor die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering. Dit is deel van die landwye openbare-deelnameproses om seker te maak dat die wetgewing versterk word en die mening van Suid-Afrikaners uit alle vlakke van die samelewing weerspieël. Die komitee besoek Bloemfontein môre waar die vergadering by Rocklands gehou word, terwyl Woensdag se vergadering in Sasolburg by Zamdela sal plaasvind. Die vergadering begin om 16:30 by die Harry Gwala Veeldoenige Sentrum. Vir meer inligting kan DA Vrystaat woordvoerder, Mariette Pittaway gekontak word op 082 908 1242.

FOTO: (Verskaf)


8 views
Listen Live.jpg