Search

Orange Farm inwoners soek na man wat na bewering kind probeer ontvoer het

ORANGE FARM - Inwoners van Orange Farm, suid van Johannesburg, het 'n soektog van stapel gestuur na 'n man wat na bewering vroeër gister probeer het om 'n kind te ontvoer. Die soektog kom te midde van die polisie se ondersoek na die onlangse moord op twee kinders in Orange Farm. Hulle liggame is die naweek in uitbreiding 4 aangetref. Die kinders van onderskeidelik ses en agt jaar oud, is Vrydagaand laas lewend gesien toe hul van 'n plaaslike salon af teruggekeer het. Inwoners sê hulle gaan Orange Farm vandag tot stilstand dwing.

FOTO: (Verskaf)



4 views