Search

Orange Farm seun dood weens onwettige elektrisiteitsverbinding

ORANGE FARM - Eskom is bekommerd oor ‘n toename in onwettige elektrisiteitsverbindings in verskeie gemeenskappe regoor die land. In die jongste voorval is ‘n 11-jarige seun in die Tjovitjo informele nedersetting, in Orange Farm in Gauteng dood, nadat hy aan ‘n onwettige elektrisiteitsverbinding geraak het. Eskom se provinsiale woordvoerder, Amanda Qithi, sê ‘n groep seuns het na bewering in ‘n poel water langs die spoorlyn geswem toe een van hulle met oop drade op die grond kontak gemaak het.

FOTO: (Verskaf)



4 views0 comments