Search

Organisasies wil verbod op alkohol en sigarette laat ophef

VAALDRIEHOEK - Verskeie organisasies het ‘n beroep op die regering gedoen om die verbod op alkohol en sigarette tydens die inperking op te hef. Die voorsitter van die Fair Trade-onafhanklike tabakvereniging, Sienhlanhla Mnguni, sê die regering moet die verkoop van sigarette toelaat. Hy sê die fiskus verloor miljarde rande, wat verhoed kan word as wettige vervaardigers toegelaat word om hulle produkte te verkoop. President Cyril Ramaphosa het tot Vrydag uitstel gevra om te reageer op die eise van die Gautengse Drankforum. Die groep, wat bestaan uit kroeg- en shebeeneienaars, het Ramaphosa gevra om die verbod op die verkoop en verspreiding van alkohol op te hef. Hulle dreig om hof toe te gaan indien dit nie gebeur nie en sê hul ondernemings kry swaar. Die sperdatum was gistermiddag, maar Ramaphosa het hulle gevra om te wag tot ná die sitting van die Nasionale Bevelsraad later die week.

FOTO: (Verskaf)


30 views