Search

Ouer man en vrou ernstig beseer in Meyerton ongeluk

MEYERTON - Paramedici sê ’n man en vrou is ernstig beseer tydens ‘n botsing tussen ’n bakkie en ligte motorvoertuig gisteraand op Donaldweg in Meyerton. ER24 sê hul paramedici het om 18:05 op die toneel aangekom waar 'n ander nooddiens reeds teenwoordig was. ’n Bakkie het in die middel van die pad tot stilstand gekom terwyl ’n ligte motorvoertuig langs die pad tussen die bosse gevind is. Medici het albei bestuurders ondersoek en gevind dat die man in sy 50's en die vrou in haar 60's ernstige beserings opgedoen het. Die pasiënte is behandel en van pynstiller-medikasie voorsien voordat hulle na die Sebokeng- en Kopanong-hospitale vervoer is vir verdere sorg. ER24 sê twee kinders was glo ook tydens die botsing in die bakkie, maar albei kinders is gelukkig nie beseer nie. Die nooddiens sê plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek. FOTO: (ER24)




18 views0 comments