Search

Ouers wie se kinders nog nie in Gauteng geplaas is nie, kan die VF Plus kontak

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus het ouers wie se kinders steeds nie geplaas is in Gautengse skole nie, gemaan om die party te kontak. Die party is van mening dat die aanlynregistrasiestelsel geskrap moet word. 'n Woordvoerder van die Vryheidsfront Plus, Anton Alberts, sê die provinsie moet terugkeer na die stelsel waar ouers self by skole moes aansoek doen vir plasing. Alberts sê die doel van die stelsel is om die demografie van Afrikaanse skole te verander, en dat dit die kinders is wat verontreg word. Hy sê nie net is daar gevalle waar tweelinge geskei is nie, maar taalvoorkeure word ook nie in ag geneem nie. Alberts sê die party is ook bekommerd dat gevaarlike situasies by skole mag ontwikkel weens politiekery soos tydens die optogte teen die Hoërskool Overvaal en doen ‘n beroep op ouers en skole om die party ook hiervan in kennis te stel vir dringende beskermende optrede waar nodig. Ouers en skole wat dringend hulp nodig het, kan die VF Plus se provinsiale kantoor by 012-7724410 skakel of ‘n epos stuur aan: help@vfplus.org.za. Klagtes kan ook aangemeld word op die Gautengse Facebook-blad van die VF Plus: https://m.facebook.com/VFplusGP. FOTO: (VF-Plus)


0 views
Listen Live.jpg