Search

OUTA teleurgesteld oor regering brandstofheffing weer gedeeltelik instel

VAALDRIEHOEK - Die organisasie teen belastingmisbruik, OUTA, sê hy is bekommerd oor die jongste styging in die brandstofprys wat gister deur die Departement van Minerale Bronne en Energie aangekondig is. Van môre af kos 93-oktaan petrol R2,37 per liter meer en 95-oktaan R2,57 meer. Diesel se prys styg met R2,31 per liter. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê dit is teleurstellend dat die regering nie gehoor gee aan die oproep dat die brandstofheffing-verligting van R1,50 per liter steeds moet geld nie. 'n Verligting van 75c per liter geld nog vandeesmaand, en dit sal van volgende maand af heeltemal wegval.

Die Automobiel Assosiasie (AA) sê intussen die brandstofprysstygings sal verbruikers wat reeds finansieel onder druk is, swaar tref, en ekstra druk plaas op ‘n reeds sukkelende ekonomie. Die AA se Layton Beard sê volgens die data is die beweging in internasionale petroleumpryse die hoofdrywer agter die stygings.

FOTO: (Verskaf)




8 views0 comments