Search

Pa en seun geskiet tydens rooftog op Walkerville plaas

WALKERVILLE - Paramedici sê ‘n pa en seun is gisteroggend geskiet tydens ‘n gewapende roof by ‘n plaas in Walkerville, Vaaldriehoek. ER24 sê hulle paramedici het op die toneel gekom toe plaaslike CPF lede reeds daar was en die pa en seun het buite hulle huis gesit. Die nooddiens sê met ondersoek het hy gevind dat beide pa en seun ‘n skietwond aan hulle bo-been opgedoen het. Die pa was in ‘n ernstige toestand, terwyl die seun stabiel was. ER24 sê hulle is op die toneel behandel en die pa het pynverligtings medikasie ontvang voordat hulle na ‘n private hospitaal vir verdere sorg geneem is. Die nooddiens sê besonderhede oor die voorval is nog onbekend.

FOTO: (Verskaf)


11 views