Search

Pa verdrink toe hy van huisboot afval in die Vaalrivier

VAALDRIEHOEK - ‘n Man van Kempton Park is die naweek oorlede toe hy op ‘n huisboot op die Vaalrivier naby Vanderbijlpark oorboord geval het. Netwerk24 berig Steyn Saayman, ‘n ervare lyfwag, en sy elf-jarige dogter en agt-jarige seun was op ‘n wegbreeknaweek toe hy Saterdagmiddag omstreeks vier-uur van die boeg van die huisboot in die rivier geval het en verdrink het. Netwerk24 berig Saayman het sy dogter die boot laat bestuur en op die voorpunt van die boot gaan staan toe ‘n boot verbykom en ‘n groot golf maak waarna hy van die boot afgeval het. Volgens Netwerk24 het sy dogter haar bes gedoen om haar pa te red en kon daarin slaag om die boot om te draai en vir haar pa n tou te gooi, maar hy was te moeg en het toe verdrink. Sy liggaam is drie dae later deur polisieduikers gevind.

FOTO'S: (Netwerk24)



16 views0 comments