Search

Pad tussen Heilbron en Deneysville tydelik gesluit weens padoppervlak-skade

VAALDRIEHOEK - Die Departemente van Polisie, Paaie en Vervoer in die Vrystaat wil padgebruikers inlig dat die S44-pad tussen Heilbron en Deneysville tydelik gesluit is weens skade aan die oppervlak van die pad. Dit is nadat reën sommige lae van die pad sowat 24 kilometer van Heilbron na Deneysville weggespoel het. Woordvoerder Hillary Mophethe sê die pad is tydelik gesluit vir motoriste se eie veiligheid. Motoriste word versoek om waarskuwingstekens in ag te neem en word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik. Mophethe sê die departement sal motoriste op hoogte hou van enige vordering en moontlike veranderinge aan die huidige situasie.

FOTO: (Verskaf)


14 views0 comments