Search

Paniekaankope deels verantwoordelik vir styging in kospryse

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaners wat aan die begin van die inperkingstyd paniekaankope gedoen is, is deels verantwoordelik vir die feit dat hulle meer vir kos moes betaal. Die Mededingingskommissie het ’n verslag vrygestel oor die monitering van voedselpryse in Suid-Afrika. Die verslag skryf die styging in voedselpryse aan die begin van die COVID-19-pandemie onder meer toe aan die daling in die rand se waarde en paniek-aankope. ’n Woordvoerder van die kommissie, Siyabulela Makunga, sê ná die aankondiging van die nasionale ramptoestand was daar landwyd talle klagtes oor skerp stygings in voedselpryse.

FOTO: (Verskaf)


3 views