Search

Parkrun bring hulde aan oorlede Vereeniging Gim onderwyser

VAALDRIEHOEK - Parkrun sê ’n spesiale byeenkoms word Saterdag by die Riviera-on-Vaal vir die onderwyser gehou wat verlede Saterdag tydens ’n parkrun daar gesterf het. Die Vereeniging Gimnasium onderwyser, Nico Bekker, het nader aan die einde van die 5 km-wedloop aan ’n hartaanval gesterf. Netwerk24 berig woordvoerder van parkrun, Gill Fordyce, sê dit is belangrik dat hulle aan die oorledene eer betoon en daarom sal hulle die naweek se Riviera on Vaal-parkrun aan Nico opdra. Fordyce vra dat alle deelnemers iets pers dra ter nagedagtenis aan hom. Bekker se swaer, Christman Krige, sê volgens die nuusdiens hulle is baie dankbaar oor parkrun se “mooi” gebaar. Krige voel pers is ‘n gepaste kleur om aan sy swaer hulde te bring omdat dit ‘n mooi en goddelike kleur is. Krige sê Bekker was lank by die SAPD-kommando in Meyerton betrokke. ’n Verassingsdiens sal Vrydag om 14:00 uit die Ou Apostoliese Kerk in Drie Riviere-Oos gehou word.

FOTOS: (Parkrun)



0 views
Listen Live.jpg