Search

Petrol kos van môre af meer as R20 per liter in Gauteng

VAALDRIEHOEK - Motoriste in Gauteng sal hierdie week vir die eerste keer ooit meer as R20 betaal vir ‘n liter petrol. Die prys sal môre met 81-sent per liter styg. ‘n Liter petrol sal aan die kus R19,63 kos. Die prys van diesel styg met tussen 72- en 75-sent per liter. Nie alleen het die prys van ruolie gestyg nie, maar die rand het ook verswak. Boonop verhoog die winsmarge op brandstof vanaf volgende maand en die balansfondsheffing is met 26-sent per liter verhoog.

FOTO: (Verskaf)



6 views0 comments