Search

Petrolprys daal môre, maar dieselpryse styg

VAALDRIEHOEK - Daar is van môre af ‘n klein verligting vir motoriste met die prys van 95-oktaan-petrol wat met 1 sent per liter goedkoper sal wees en die van 93-oktaan-petrol met vier sent per liter. Alle grade diesel word egter 23 sent per liter duurder, asook paraffien met 43 sent. Die prys van gas verminder met sewe sent per kilogram.

FOTO: (Verskaf)



4 views0 comments