Search

Petrolprys daal met R1,32 per liter Woensdag

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Minerale Bronne en Energie het aangekondig die petrolprys gaan Woensdag met R1,32 daal vir albei grade brandstof. Die dieselprys sal met tussen 88 en 91 sent per liter daal, terwyl paraffien R1,44 minder per liter sal kos. Terselfdertyd het die proses begin om petrolpryse te dereguleer. Minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, het 'n kennisgewing vir openbare kommentaar gepubliseer. Die stap sal kleinhandelaars in staat stel om hul eie pryse te bepaal, tot 'n spesifieke limiet.

Intussen sê die DA die ANC-regering gaan voort om brandstofpryse by die pompe kunsmatig hoog te hou deur middel van ‘n brandstofprys wat sentraal bepaal word. Kevin Mileham van die DA sê die speletjie van brandstofprys-manipulasie moet einde kry.

FOTO: (Verskaf)




7 views0 comments