top of page
Search

Petrolprys gaan styg maar dieselprys daal môre

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse motoriste wat dieselvoertuie ry kan effense verligting verwag, terwyl diegene met petrolmotors hul moet staal vir ‘n verhoging. Die Departement van Minerale en Energie sê die petrolprys styg môre met 37-sent per liter terwyl diesel tussen 30- en 36-sent per liter goedkoper sal wees. Die groothandelprys van paraffien daal met 19-sent per liter. Die departement sê die pryse word geraak deur die hoër olieprys en swakker rand. Hy voeg by petrolpryse styg hoofsaaklik weens die groter vraag tydens die reis-seisoen in die Noordelike Halfrond.

FOTO: (Verskaf)


1 view0 comments

Comments


bottom of page