Search

Petrolprys mag volgende maand dalk nog daal

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoekers sal volgens jongste syfers moontlik nog brandstofprysverligting in Mei ontvang. Die petrolprys het vandeesmaand met R2,06 per liter verlaag en diesel kos tans R1,66 per liter minder as verlede maand. Indien dieselfde neiging tot 29 April voortduur, kan petrol nog R1,71 goedkoper word terwyl diesel 96c minder kan kos. Oliepryse het in Maart skerp gedaal nadat Saoedi-Arabië en Rusland by 'n vorige vergadering nie 'n ooreenkoms kon bereik nie. Albei lande het daarna olieproduksie verhoog in 'n poging om hulle markaandeel te verbeter, te midde van die wêreldwye daling in vraag. Oliepryse het in Maart tot die laagste vlak in 18 jaar gedaal.

Die Organisasie van Petroleumuitvoerlande, OPUL, en sy bondgenote het hierna gister ooreengekom om olieproduksie met meer as 'n vyfde in te kort om die 'n skerp daling in die vraag na olie weens die coronaviruspandemie teen te werk. Die groep sê hy sal in Mei en Junie olieproduksie met 10 miljoen vate inkort, en sal daarna die inkorting geleidelik verminder tot April 2022. Brent-pryse is egter steeds die helfte minder as die $68 per vat in Januarie, en die Amerikaanse pryse is nog meer as die helfte minder as die $63 per vat van Januarie.

FOTO: (Verskaf)


24 views
Listen Live.jpg