Search

Petrolprys styg om middernag met R1,18 per liter

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek motoriste wat nog nie hulle motors se tenks volgemaak het nie, word herinner om dit te doen voor middernag vanaand. Die Departement van Energie het bevestig dat brandstofpryse vannag om middernag styg na etlike maande se groot dalings. Van môre af sal petrol R1,18 per liter meer kos terwyl diesel se prys met tussen 21c en 22c styg. Paraffien sal 40c per liter meer kos terwyl een kilogram gas R1,98 duurder sal wees. Die regering skryf die verhogings toe aan olie-produserende lande se besluit om produksie te verlaag wat tot ’n skerp styging in pryse gelei het.

FOTO: (Verskaf)


8 views