Search

Plaasmoord verdagte verskyn môre in Vereeniging se landroshof

VEREENIGING - ‘n Verdagte sal môre in die Landdroshof in Vereeniging in Gauteng verskyn, in verband met die moord op die Vrystaatse boer, Petrus de Kock. Die nege-en-sestigjarige De Kock is in 2018 op sy plaas Groot Waag gevind. Plastieksakke was in sy keel afgedruk en hy was met ysterdrade vasgebind. Hy is glo deur drie mans aangeval wat daarna met sy vuurwapen gevlug het. Die polisie sê die verdagte staan tereg op verskeie aanklagte, onder meer roof, nadat hy die naweek in Sharpville, Gauteng, in besit van De Kock se vuurwapen in hegtenis geneem is.

FOTO: (Verskaf)



11 views