Search

Plafon by Rust-Ter-Vaal Sekondêre Skool gee mee

RUST-TER-VAAL - Gemoedere loop hoog na die ineenstorting van 'n plafon in een van die klaskamers by die Rust-ter-Vaal Sekondêre Skool, in Vereeniging. Die insident het verlede week tydens pouse, gedurende die skooldag, plaasgevind. Volgens die Sedibeng Ster is die ineengestorte plafon nie die enigste probleem wat by die skool ervaar word nie. Leerders sê dat hulle tydens klasse bo-op tafels, of op die vloer moet sit, aangesien daar nie genoeg meubels is om al die leerders te akkommodeer nie. Die situasie is na bewering nie net 'n ongerief vir leerlinge nie, maar ook vir onderwysers. Verskeie onderwysers sê hulle oorweeg dit om hulle poste te bedank, as gevolg van die slegte omstandighede. FOTO: (Verskaf) [Vir meer plaaslike nuus, Subscribe by 90.6 FM News se YouTube kanaal: https://www.youtube.com/channel/UCwIHh6lHQWP1b3MbTdf1clQ]


19 views
Listen Live.jpg