Search

Plekke van aanbidding heropen onder vlak-3 inperking

VAALDRIEHOEK - President Cyril Ramaphosa het toestemming verleen dat plekke van aanbidding onder vlak drie-inperking kan heropen, maar met ‘n beperking van 50 of minder mense per diens. Hy het nuwe bepalings vir die godsdiens-sektor aangekondig, ná ‘n vergadering van die Nasionale Koronavirus Bevelsraad. Ramaphosa sê gemeentelede moet maskers dra, sosiale afstande mag nie laat vaar word nie en plekke van aanbidding moet sanitasie- en ontsmettingsmaatreëls handhaaf. Hy het bygevoeg dat godsdiensleiers nou as noodsaaklike diensverskaffers erken sal word.

Ramaphosa het die land se inwoners versoek om Sondag deel te neem aan ‘n nasionale dag van gebed en oordenking. Ramaphosa sê dis belangrik dat landsburgers weer bymekaar kom en bid vir die genesing van die land en sy mense. Hy voeg by dat gebed die nasie sal vertroos en versterk in die stryd teen die koronavirus-pandemie.

FOTO: (Verskaf)



0 views
Listen Live.jpg