top of page
Search

Poging tot motordiefstal word gewelddadig in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK - Die Vanderbijlpark SAPD ondersoek 'n saak van poging tot moord na 'n poging tot motordiefstal uitgeloop het in geweld, in Chopinstraat, naby gewilde restaurante, Vrydagaand, 4 Oktober. Volgens Rea Gazette, sê ooggetuies die verdagtes probeer om motors op 'n parkeerterrein te steel toe iemand, moontlik ‘n veiligheidswag, tussenbeide getree het wat tot 'n konfrontasie gelei het. Vanderbijlpark SAPD Woordvoerder, Sersant Sabelo Sigcu sê die SAPD het gereageer op ‘n klagte van 'n skietery en het met hul aankoms twee mans gevind, waarvan een geboei was en die ander met 'n skietwond in die maag. ’n Vuurwapen is langs hom gevind. Volgens Sigcu het ’n nabygeleë Toyota Corolla twee koeëlgate en pap bande gehad. Nog 'n verdagte het intussen van 'n bystaande Mazda gevlug, maar is aangekeer nadat die polisie skote afgevuur het. Albei verdagtes is in hegtenis geneem. Die beseerde verdagte, wat 'n skietwond opgedoen het, is na die hospitaal geneem vir behandeling. Die ondersoek na die voorval duur voort.


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page