Search

Police searching for murderers of elderly Evaton woman

VAALDRIEHOEK - Paramedici sê twee mans het gesterf en ‘n vrou is kritiek beseer na ‘n motor en ‘n vragmotor in Vaal Marina, in Gauteng, in 'n botsing betrokke was. ER24 sê hulle paramedici het met aankoms op die toneel die twee voertuie aan die kant van die pad gevind. Twee mans was in die motorvoertuig vasgekeer. Albei mans het egter reeds aan hulle beserings beswyk en hulle is op die toneel dood verklaar. ER24 woordvoerder, Russel Meiring, sê die vrou was ook in die voertuig vasgekeer en was in 'n kritieke toestand. Meiring sê reddingsdienste moes gespesialiseerde toerusting gebruik om die vrou uit die motorvoertuig te bevry. Sy is op die toneel met gevorderde lewensondersteuning behandel en daarna na die Sebokeng Provinsiale Hospitaal vir verdere mediese sorg geneem. Die bestuurder van die vragmotor het slegs ligte beserings opgedoen. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (ER24)


0 views
Listen Live.jpg