Search

Polisie in Gauteng arresteer bloulig-rowers

VAALDRIEHOEK - Die Valke in Gauteng het drie verdagtes in hegtenis geneem vir beweerde bloulig-rooftogte. Hulle arrestasie volg nadat die Valke ‘n wenk oor ‘n verdagte Golf 7 opgevolg het. Die voertuig is glo met blou ligte toegerus en het hul rondtes op die Hendrik Potgieter-pad uitgevoer. Die verdagtes het wetsgehoorsame inwoners in die Gauteng, Vrystaat, Noordwes en ander buurprovinsies geterroriseer. Valke woordvoerder, Kolonel Katlego Mogale, sê die verdagtes is in besit van verskeie polisietoerusting gevind.

FOTO: (Verskaf)



7 views0 comments