Search

Polisie mag nie rokers aankeer of hul rookgoed afvat nie

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sowel as regkenners het Vaaldriehoek en ander rokers gerusgestel dat hulle mag rook en in die besit van sigarette, tabak en e-sigarette wees. Net die verkoop van sigarette is onwettig. Nasionale polisiewoordvoerder, brigadier Vishnu Naidoo, sê volgens Netwerk24 geregsdieners mag nie mense in hegtenis neem omdat hulle rook of hul rookgoed konfiskeer as hulle nie kan bewys dat dit onwettig bekom is nie. Naidoo sê die regulasies interme van die staat van inperking sê niks van mense wat rook nie. Regskenners sê slagoffers kan selfs siviele eise of strafregterlike klagte teen wetstoepassers indien wat hul rookgoed onregmatig vat. Regskenners sê volgens wet hoef ’n roker nie te bewys waar en wanneer hy sy rookgoed aangeskaf het nie. ’n Senior polisiebevelvoerder sê dat lede deeglik oor die regulasies ingelig is en weet dat rook en die besit van rookgoed nie verbied is nie.

FOTO: (Verskaf)



12 views