Search

Polisie minister herhaal opnuut dat polisie sigaret-strokies kan versoek

VAALDRIEHOEK - Die minister van Polisie, Bheki Cele, het herhaal dat die polisie die reg het om 'n koopstrokie te versoek van mense wat tydens die Covid-19-inperking rook. Die verkoop van tabak en tabakprodukte bly verbode op Vlak Drie wat Maandag in werking tree. Cele het sy vermaning oor koopstrokies herhaal ná skerp kritiek oor die regering se besluit om met die tabakverbod vol te hou. Die organisasie FITA, wat vervaardigers van tabakprodukte verteenwoordig, het reeds regstappe teen die regering ingestel, terwyl nog 'n organisasie, die TTA, gevra het vir 'n ondersoek na beweerde bande tussen hooggeplaasde politici en mense in die smokkelsigaretbedryf.

FOTO: (Verskaf)



0 views
Listen Live.jpg