Search

Positiewe Covid19 gevalle in Gauteng staan nou op 1697

VAALDRIEHOEK - Die getal mense in Gauteng wat positief getoets is vir die nuwe koronavirus, staan nou op 1 697, en 15 mense is reeds in die provinsie dood aan Covid-19. Die provinsiale gesondheidsdepartement het die syfers gistermiddag uitgereik en bygevoeg dat 1 036 mense in die provinsie ook reeds van die siekte herstel het. Johannesburg is steeds die brandpunt in die provinsie met 971 gevalle. Uit die 8 860 mense wat opgespoor is nadat hulle in kontak was met mense wat positief getoets is, was 6 192 14 dae lank onder kwarantyn en het geen simptome getoon nie. Daar is tans 72 mense in hospitale in die provinsie. Die Sedibeng-distrik, waaronder Vanderbijlpark en Vereeniging val, het tans 21 gevalle.

FOTO: (Verskaf)


0 views
Listen Live.jpg