Search

Poskantoor waarsku oor pakkie-bedrog

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse poskantoor (SAPO) ontvang steeds navrae van lede van die publiek wat ‘n e-pos ontvang waarin verklaar word dat ‘n pakkie nie aan hulle kon besorg word nie weens uitstaande douaneregte. Volgens SAPO is die e-posadres van nou verander sodat dit wettiglik deur die Poskantoor gestuur word. Die e-pos bevat ‘n skakel wat hulle lei na ‘n betalingsbladsy wat nie deur die SA Poskantoor bedryf word nie en verwys na ‘n bedrieglike opsporingsnommer wat nie deur die Poskantoor uitgereik is nie. Die poskantoor sê dat hy nooit doeanegelde of invoerbelasting hef voordat ‘n pakkie afgelewer word nie.

FOTO: (Verskaf)



1 view0 comments