Search

Poskantoorwerkers sal nie sonder mediese fonds wees volgende jaar nie

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse werknemers van die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) kan ’n sug van verligting gee dat hulle nie in die nuwe jaar sonder mediese dekking gaan wees nie. Die vakbond Solidariteit sê hy is in sy skik dat SAPO uiteindelik sy eerste betaling vir werknemers se mediese fonds, MEDiPOS, gemaak het. Solidariteit het ’n maande lange stryd teen Sapo gevoer om hom by sy statutêre verpligtinge te hou. Die organisasie sê die betalings is ’n groot oorwinning vir poskantoorwerknemers, veral vir die tydelike verligting wat dit tydens die Covid-19-pandemie bring. Solidariteit se woordvoerder, Anton van der Bijl, sê werknemers kan verseker wees dat hulle mediese dekking nie opgehef sal word soos voorheen deur SAPO aangekondig nie.

FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments