Search

Poskantore in die Vaaldriehoek deur misdadigers geteiken

VAALDRIEHOEK - Die polisie in Gauteng het inwoners gewaarsku teen misdadigers wat poskantore in die Vaaldriehoek teiken. Vandeesweek was daar verskeie berigte oor rooftogte wat uitgevoer is deur onbekende bendes. Dinsdag is Vanderbijlpark se poskantoor van ‘n onbekende bedrag geld beroof, en die Sebokeng-poskantoor is die dag daarna beroof. Polisiewoordvoerder Tlaleng Moloi het bevestig daar was nog geen inhegtenisnames nie en die ondersoek duur voort.

FOTO: (Verskaf)



6 views0 comments