top of page
Search

Public Eye Vaal bevestig dat ‘n man by die R57 brug gister selfmoord gepleeg het

Writer: 90.6 FM News90.6 FM News

BREKENDE NUUS - Public Eye Vaal het bevestig dat ‘n man gisteroggend by die R57 brug, wat Vanderbijlpark en Vaalpark verbind, selfmoord gepleeg het. Public Eye Vaal se Arrie Coetzee het vandag aan 90.6 FM News gesê hulle Kontrolekamer is net na 07:00 gisteroggend deur ‘n gemeenskapslid ingelig dat daar SAPD voertuie by die betrokke brug aan die Gauteng kant staan. Hulle reaksiepersoneel is uit na die toneel en het gevind dat daar ‘n liggaam aan ‘n tou aan die onderkant van die brug hang. Die liggaam van die man was reeds leweloos. Coetzee sê al die nodige dienste was op die toneel, asook familielede, en omstreeks 18:00 gisteraand het die lykswa-eenheid die liggaam van die toneel weggeneem. Op die R57 rigting Sasolburg vanaf Vanderbijlpark was een baan deur die SAPD gister afgesper vir verkeer by die toneel, terwyl verkeer in die linkerbaan steeds gevloei het. Hy sê daar is baie spekulasie uit verskeie oorde aangaande ‘n moontlike rede vir die beweerde selfmoord, maar dit is nie konkrete feite nie. Coetzee het wel bevestig dat die SAPD wat op die toneel was dit geklassifiseer het as selfmoord.

FOTO: (Verkeer wat by die toneel opgehoop het: VCN News, Michael Meiring)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


906 VCR BANNER.png
bottom of page