Search

Publiek gemaan om hul kommentaar te lewer oor grondonteieningswet voor 28 Feb 21

VAALDRIEHOEK - Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die goedkeuring van die Wetsontwerp op Grondonteiening in sy huidige vorm kan ernstige gevolge inhou vir die besit van grond en bates in die land. Die publiek het tot die einde van Februarie tyd om voorleggings oor die wetsontwerp te doen en Vaaldriehoek inwoners is ook gemaan om hulle voorleggings in te dien voor die spertyd. Die hoof van beleidsondersoek by die IRV, Anthea Jeffery, sê die wetsontwerp noem wel gevalle waar dit regverdig en billik kan wees om geen vergoeding te betaal vir die onteiening van eiendom in openbare belang nie, maar die lys is nie beperk nie. Stuur jou kommentaar oor die wetsontwerp per e-pos na expropriationbill@parliament.gov.za voor Sondag 28 Februarie 2021.

Volg die skakel vir meer inligting oor waar en hoe om kommentaar te lewer: https://pmg.org.za/call-for-comment/1007/

FOTO: (Verskaf)


6 views0 comments