Search

Ramaphosa spreek vanaand die land toe

President Cyril Ramaphosa sal die land vanaand om 19:00 toespreek oor die verwikkelinge in die land se risiko-aangepaste strategie rakende die COVID-19-pandemie. Alles dui daarop dat die inperking tot dusver gewerk het met kenners wat meen dat indien Suid-Afrika langer gewag het om ‘n inperking in te stel meer lewens verlore sou gegaan het. Na wat verneem word, sal Ramaphosa se aankondiging insluit dat die aanklokreël opgeskort word, dat die land na vlak een van die inperking beweeg, die herinstel van internasionale reis en ‘n ekonomiese herstelplan. Die waarnemende presidensiële woordvoerder, Tyrone Seale, sê Ramaphosa het die afgelope twee dae verskeie belangrike vergaderings gehou.

FOTO: (Presidency: SA)



2 views