Rand Water begin met maatreëls om verspreiding van waterslaai in Vaalrivier te beheer
- 90.6 FM News
- Feb 16, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Rand Water het met ‘n proses begin om die verspreiding van waterslaai in die Vaalrivier te stuit, deur kewers en sprinkane vry te laat. Die raad beoog om die vinnig verspreidende indringer-onkruid te vertraag met ‘n geïntegreerde program van goedgekeurde maatreëls. Chemiese beheer sal as ‘n korttermyn ingryping gebruik word, gevolg deur nie-chemiese medium- en langtermyn-maatreëls. Waterslaai is ‘n giftige en hoogs indringende varswateronkruid wat in tropiese en subtropiese streke voorkom.
Commentaires