Search

Rand Water gaan watertoevoer verminder na Emfuleni munisipaliteit

VAALDRIEHOEK - Rand Water in Gauteng het die minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu en die Gautengse regering in ’n brief verwittig van hulle voorneme om kredietbeheermaatreëls in te stel. Die waterverskaffer sê dit is weens opgehoopte skuld deur munisipaliteite wat nie vir dienste betaal nie. Die maatreëls behels onder meer die vermindering in watertoevoer aan munisipaliteite wat hom geld skuld. Die Emfuleni munisipaliteit is een van die wie se watertoevoer verminder sal word. Die munisipaliteit skuld Rand Water ongeveer R1 biljoen. Die 20% watertoevoer vemindering sal vanaf vandag geimplemteer word.

FOTO: (Verskaf)



2 views