Search

Rand Water implementeer Fase 1 waterbeperkings

VAALDRIEHOEK - Rand Water het Fase 1 waterbeperkings ingestel in ‘n poging om verbruikers te dwing om briek aan te draai met hoë waterverbruik. Maroela Media berig Suid-Afrika word beskou as een van die droogste lande, maar ten spyte van beperkte beskikbaarheid is Suid-Afrikaners steeds van die grootste verbruikers van drinkwaterter wêreld. Rand Water, wat al jare lank ‘n beroep op verbruikers doen om hul waterverbruik te verminder, sê die somermaande is veral problematies. Woordvoerder van Rand Water, Justice Mohale, sê die waterbeperkings is dus ingestel in ‘n poging om hoë verbruik te verminder. Mohale sê het ‘n hernieude beroep op mense gedoen om water spaarsaam te gebruik. Hy sê dit is belangrik om te besef dat hoë waterverbruik in ‘n waterskaarland onvolhoubaar is en dat alle pogings aangewend moet word om water slim te gebruik. In ‘n poging om druk op die stelsel te verlig het Rand Water munisipaliteit ook gevra om dadelik alle waterlekke in hul netwerke te herstel en watervloei deur reservoirbestuurprotokolle te beheer.

FOTOS: (Rand Water)


5 views0 comments