Search

Rentekoerse bly moontlik onveranderd

VAALDRIEHOEK - Daar word verwag dat die Reserwebank rentekoerse hierdie week onveranderd sal hou. Die repokoers is tans naby ‘n laagtepunt van 3,5%. Die bank het verlede jaar rentekoerse verlaag in ‘n poging om die ekonomie te ondersteun in die nadraai van die coronaviruspandemie en gepaardgaande ekonomiese beperkinge. Daar is ‘n groeiende verwagting dat die bank uiteindelik die rentekoers weer sal begin verhoog, maar volgens die nuuskanaal eNCA meen die meeste ekonome dat met die huidige inflasiekoers ‘n rentekoersverhoging eers in die volgende jaar sal plaasvind.

FOTO: (Verskaf)


0 views0 comments