Search

Restaurante regoor SA betoog vanmiddag om 12:00

VAALDRIEHOEK - Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) sê restaurante sal vandag betoog in ’n poging om die regering se aandag op hul probleme te vestig. Die bedryf waarsku dat die toekoms van restaurante oor die hele land in die weegskaal is en dat duisende mense hul werk kan verloor as die regering nie dringend ingryp nie. Voorsitter van Rasa, Wendy Alberts, sê volgens Netwerk24 hulle beplan sedert verlede week ’n nasionale en vreedsame betoging. Restaurante gevra word om hul deure op Woensdag 22 Julie tussen 12:00 en 14:00 te sluit en hul tafels in die middel van die strate te dek om dit te versper. Dit is ’n poging om President Cyril Ramaphosa se aandag te trek sodat hul “stemme” gehoor kan word. Nadat Rasa se eerste brief verlede week aan die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, geen terugvoer gekry het nie, het sy prokureur, Ashton Naidoo van Mooney Ford Attorneys, ’n brief namens Rasa aan die president geskryf. Daarin word by die president gepleit om die saak en regulasies, wat drankverkope en verspreiding daarvan betref, te heroorweeg om die lewensmiddele van mense in dié bedryf te red. In die brief word beklemtoon dat dié verbod tot die vernietiging van die gasvryheidsbedryf lei.

FOTO: (eNCA)


0 views
Listen Live.jpg