Search

Rokers in die Vaaldriehoek moet langer wag om weer sigarette te kan koop

VAALDRIEHOEK - Die pogings van rokers, kleinhandelaars, en sigaretvervaardigers in die Vaaldriehoek en die res van Suid-Afrika om sigaretverkope as ‘n noodsaaklike diens te verklaar, het tot dusver misluk. Volgens Maroela Media is daar groot druk van veral tabakmaatskappye op die regering om sigarette tot noodsaaklike item te verklaar. ‘n Goed geplaaste bron het aan Maroela Media verklaar dat ‘n produk slegs verkoop mag word as die Minister van Handel en Nywerheid, Ebrahim Patel, dit as ‘n noodsaaklike verklaar. Tot dan is die produk onwettig en verkope van die produk is strafbaar aan ses maande tronkstraf, ‘n hewige boete, of albei.

FOTO: (Verskaf)


69 views