Search

Roydon Olckers ontvang nasionale orde

VANDERBIJLPARK - Die Graad 12 seun wat in 2019 tydens die Hoërskool Driehoek-tragedie twee leerders gered het, gaan ‘n nasionale orde ontvang. Roydon Olckers was een van die vier leerders wat op 1 Februarie 2019 gesterf het tydens die brug-tragedie by die skool. Hy het twee leerders uit die pad gestamp, waarna die brug op hom geval het. Die Presidensie het gister aangekondig dat die Orde van Mendi op 18 November aan hom toegeken sal word. Sy ouers het aan Netwerk24 gesê die toekenning bied vir hulle die geleentheid om iets goed uit die sleg te haal.

FOTO'S: (News24; IOL)



2 views0 comments