Search

Sê vandag jou sê in Sasolburg oor die beplande Nasionale Gesondheidsversekering

BELANGRIKE KENNISGEWING: Vaaldriehoek inwoners word gemaan om vandag in Sasolburg hulle sê te gaan sê oor die plan om Nasionale Gesondheidsversekering te implementeer. Die parlementêre portefeuljekomitee vir Gesondheid hou vanaf 16:30 vanmiddag (29 Januarie) ‘n vergadering by die Harry Gwala Sportsentrum in Zamdela, Sasolburg. Dit is deel van die landwye openbare-deelnameproses om seker te maak dat die wetgewing versterk word en die mening van Suid-Afrikaners uit alle vlakke van die samelewing weerspieël. Die komitee was gister in Bloemfontein. Voorsitter Sibogniseni Dhlomo sê die meerderheid mense wat die verhore oor die wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering in die Vrystaat bygewoon het, is ten gunste daarvan. Hulle het beklemtoon dat hulle probleme ervaar met die huidige gesondheidsorg-stelsel, veral op primêre vlak. Dhlomo sê die provinsiale Gesondheidsdepartement sal na die Parlement moet kom om te verduidelik watter stappe gedoen is om die uitdagings uit die weg te ruim. Kritiek teen die wetsontwerp sluit in dat dit heeltemal onduidelik is hoe die NGV die openbare gesondheidsektor gaan beter maak en dat die regering nie kan sê wat dit gaan kos nie. Vir meer inligting kan DA Vrystaat woordvoerder, Mariette Pittaway gekontak word op 082 908 1242. FOTO: (Verskaf)


17 views
Listen Live.jpg