Search

SA bloeddiens doen dringende beroep op veral jongmense om bloed te skenk

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) ervaar ’n krisis weens te min bloed en doen veral beroep op jong mense om bloed te skenk. Hoofbemarkingsbeampte van die SANBD, Silungile Mlambo, sê om aan die aanvraag in die land te voldoen benodig hulle te alle tye minstens vyf dae se bloedvoorraad en sodra hulle onder drie dae se voorraad het, raak hulle onrustig. Tans het die bloedbank slegs genoeg voorraad om die land vir nog 2,7 dae van bloed te voorsien. Die grootste aanvraag is in Gauteng en KwaZulu-Natal. Die aanvraag is hoofsaaklik vir bloed van die O-groep omdat mense van dié bloedgroep aan mense van elke ander bloedgroep kan skenk. Mlambo sê die jong bloedskenkers, wat die lewensbloed van die organisasie is, is diegene wat hulle desperaat benodig om terug te kom. Selfs jong mense wat nog nooit probeer het om bloed te skenk nie – dit is nou hul kans. Daar is intussen vandeesweek met mobiele bloedinsameling oor die land heen begin.

FOTO: (Verskaf)



3 views