Search

SA Bloeddiens op soek na skenkers wat herstel het van COVID-19 vir fase twee kliniese proewe

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens is op soek na skenkers om deel te neem aan fase twee kliniese proewe waar bloedplasma van Covid-19-pasiënte wat herstel het, gebruik word om dié wat steeds positief toets te behandel. Die organisasie is van mening dat die plasma die virus kan bestry terwyl die pasiënt se liggaam probeer om sy eie teenliggaampies te ontwikkel. ’n Bio-mediese wetenskaplike, Marion Vermeulen, sê pasiënte wat wil deelneem kan die bloeddiens kontak by 0800 119 031.

FOTO: (SANBS)




4 views