Search

SA Poskantoor kondig 17 Nov aan as laaste lugpos-sperdatum vir pos na Australië

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse inwoners wat beplan om pakkies met kersgeskenke vir geliefdes in Australië te stuur, word aangemoedig om dit voor 17 November te doen. Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sê die Australiese lugredery Qantas het hom ingelig van ‘n geskeduleerde repatriasievlug na dié land, wat mense in staat sal stel om geskenke vir die feesseisoen per lugpos te stuur. Geen gereelde vlugte is tans tussen Suid-Afrika en Australië beskikbaar nie. Enige items wat die sperdatum mis, sal per oppervlakpos gestuur word, wat tot ses weke kan neem.

FOTO: (Verskaf)


1 view0 comments