SA se werkloosheidskoers styg tot 32,9% in eerste kwartaal van 2024
- 90.6 FM News
- May 14, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Werkende persone het in die eerste kwartaal van 2024 met 22,000 tot 16,7-miljoen toegeneem vergeleke met die vierde kwartaal van 2023. Volgens Statistieke SA se Kwartaallikse Arbeidsmagopname het die aantal werklose persone in die dieselfde kwartaal met 330,000 tot 8,2-miljoen toegeneem. Hierdie veranderings het die amptelike werkloosheidskoers laat toeneem met 0,8 van 'n persentasiepunt, vanaf 32,1% in die vierde kwartaal van 2023 tot 32,9% in die eerste kwartaal vanjaar. Die bedrywe wat tot die netto indiensnemingstoename bygedra het, sluit in, Handel, Vervaardiging, Privaat huishoudings, Vervoer, Landbou en Mynbou.
Comments