Saai sê die polisie het geen beleid of riglyne om onwettige betreding te bekamp nie
- 90.6 FM News
- Aug 7, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Agri-inisiatief sê volgens kommunikasie van die polisie het hulle geen beleid of riglyne met betrekking tot die bekamping van onwettige betreding nie. Saai oefen sedert Februarie druk uit op die polisie om inligting en statistiek oor betreding te verskaf. Die uitvoerende hoof van die inisiatief, Francois Rossouw, sê die bestuur sal nou ‘n vergadering met die minister van Polisie, Senzo Mchunu, aanvra om moontlike oplossings te bespreek aangesien geen beleid bestaan nie.
Comments