Search

SABRIC waarsku verbruikers teen aanlyn-bedrieërs

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Inligtingsentrum vir Bankrisiko (SABRIC) het Suid-Afrikaners gewaarsku om versigtig te wees vir aanlyn-bedrieërs wat vakansiebeplanners teiken. Die uitvoerende hoof van SABRIC, Nischal Mewalall, het gesê dat bedrieërs gedurende hierdie tyd van die jaar valse webwerwe opstel wat voorgee om vakansieverblyf en selfs vliegkaartjies aan te bied. Mewalall sê omdat die webwerf pragtige foto’s het, professioneel lyk en die prys goedkoop blyk te wees, val Suid-Afrikaners vir die bedrogspul. Mewallal het gesê die misdadigers sal dan ook toegang hê tot die gebruiker se bankbesonderhede en kan dit dan bedrieglik gebruik om die slagoffer se geld en identiteit te steel.

FOTO: (Verskaf)



3 views